Mbeki vs Bush – Die aanloop. My hart is seer…

 

 

Raait!  Kom ek val met die deur in die huis en verwelkom elkeen van die mense wat my kom besoek.  Moenie te veel verwag nie, hierdie is eintlik niks meer as ‘n uitlaatklep vir my sodat ek van my frustrasies ontslae kan raak.  Anders tokkel my vrou my met ‘n warm kaggel eg in die hol as ek die triek met haar try!

 

So, “without further adieu”, hier volg my eerste insetsel.  En ek moet byvoeg, dit wat gemaak het dat ek tans op WordPress ‘n ruimte vir myself geannekseer het is eintlik doners baie uit te waai met die mentaliteit van die volgende storie:

 

 

 

Quote 1 from newspaper article:

 

“President Thabo Mbeki has allegedly sent a four-page letter to President George Bush criticizing the US for its stance on Zimbabwe.According to a US official quoted by Washington Post columnist Michael Gerson, Mbeki slammed the US, “in a text packed with exclamation points”, for taking sides against President Robert Mugabe and disrespecting the views of the Zimbabwean people.

“He said it was not our business,” Gerson quotes the unnamed official as saying, and “to butt out, that Africa belongs to him”. He quotes another official as saying: “Mbeki lost it; it was outrageous.”

In his column, titled The Despot’s Democracy, Gerson said Mbeki had written the letter to Bush in April, after the March 29 elections in which Mugabe’s ruling Zanu-PF lost its parliamentary majority to the opposition Movement for Democratic Change and Mugabe came second to MDC leader Morgan Tsvangirai in the presidential poll. “

 

 

Quote 2 from newspaper article:

 

“On Wednesday night Mbeki’s spokesperson, Mukoni Ratshitanga, said he had no knowledge of Mbeki’s letter to Bush.However, an official of the US embassy in Pretoria confirmed that Bush had received the letter.

“He disagreed with some of the points in the letter. We feel we have an important role to play in bringing peace and security to the region and in helping to ensure free and transparent elections in Zimbabwe.

“The White House is working on a response” to the letter, the embassy official added.

Last week Mugabe threatened to kick out US ambassador to Zimbabwe James McGee for “interfering” after he told a journalist that Tsvangirai should return home to start campaigning for the run-off.

McGee also ran into trouble with authorities earlier this month when he and several other ambassadors were detained at the side of the road for an hour after visiting an alleged Zanu-PF torture camp.

Gerson labelled South Africa as a “rogue democracy”, citing Mbeki’s letter, plus a string of decisions in the UN Security Council where South Africa opposed action against human rights offenders, as evidence that “South Africa, of all places, sides with the despots”

 

 

Nou kyk, ek dink ek is nou net mooi keelvol vir die kak.  En lees seblief verder maar hou enige kommentaar vir jouself tot jy klaar gelees het!  Jy GAAN my verkeerd verstaan as jy nie klaar lees nie.

Ek is grootgemaak tydens die apartheidsjare en heel toevallig was ek gebore ‘n paar dae na die Soweto oproere.  Ek was van kleins af geleer “kaffers vrot”, “hotnots steel”, “meide werk in die kombuis”, ens.  Dit was vir my niks snaaks nie.

Daar was dae wat tuinwerkers gekoggel was omdat jy nie eers kan sien hoe vuil hulle hande was nie omdat die grond dieselfde kleur as hulle skakering was.  Jy het grootgeword met ‘n sin van “superiority”.

 

Maar die mens is ‘n uiters komplekse wese.  Enigiemand wat gebore is met meeste van sy breinselle in plek is in staat daartoe om sy eie keuses te maak en nie noodwendig met die vloei te gaan nie.

Ek het as tiener al reeds opgelet dat die kleur van my vel my nie slimmer as die swart outjie in die hoek van die klas maak nie.  Ek het geleer dat die kleur van my vel of die taal wat ek praat nie van my ‘n beter sportman of selfs net ‘n beter mens maak nie.  Dit se steeds nie ek kan nie ‘n trotse Suid Afrikaanse Afrikaanssprekende blanke man wees nie, se dit?  Of is ek verkeerd?  Hoekom moet ek as laasgenoemde skuldig voel oor wie en wat ek is?  Hoekom moet ek daagliks deur ons eie regering skuldig gemaak voel word oor ek “wit” is?

Diegene wat nie rerig weet waaroor my tirade gaan nie en wat nog nie weet hoe dit by die bogenoemde insetsels inpas nie, byt vas, die verduideliking kom!

Sedert 1994 is daar duidelik baie veranderinge wat plaasgevind het.  Ons regering het verander, demokrasie het meer as net ‘n oase op die horison geword en sekere rasse mure is vernietig.  Nelson Mandela was ons eerste swart staatspresident en het met sy trots en eer en ideale “in tact” uitgetree.  Ja, daar was steeds onopgeloste probleme met sy uittrede, maar die platform was gele vir sy opvolger om die leisels te neem te hardloop daarmee.

Thabo Mbeki…goeie heiland.

Ek kan na al die jare baie goed verstaan hoekom die man NOOIT te krities oor enigiets wou raak wat die land direk of indirek raak nie.  Hoekom die man se gat geel gelek moet word om ten minste net sy adviseers te vra om ‘n toespraak te skryf om sy kritici stil te kry nie.  Die oomblik wat hy so doen jaag hy KAK aan!!  En dis nie net hy nie, dis 80% van sy makkers in die regering wat so doen!

Manto…knoffel en beet vir vigs!  Dis ‘n top mediese beraad waar jy daardie kak kweitraak!  Watter ongelooflike swak beeld het dit nie ons land nie gegee nie!  Hier sit die minister van gesondheid van ‘n land wat ongelooflik baie bevondsing ontvang vir die navorsing na moontlike kure vir HIV / VIGS en sy sit en vertel dat jy dit kan genees of reguleer met produkte wat enige jan-rap-en-sy-maat by Fruit & Veg kan kry!  Intussen tokkel sy die een na die ander sakkies wyn en organize vir haarself ‘n splinternuwe lewer!  En selfs toe bly Thabo stil!  Hoekom?  Sy was ‘n comrade in die struggle!  In dis dan wat ek mos stil stil wonder oor die comrade stront…wie is nou eintlik die struggle heros?  Die ouens wat elke dag gemoer was met sambokke, uitmekaar geskiet was met optogte, moes lei onder die wetgewing van die tyd…of is dit diegene wat uit die land gevlug het om hulle te bekwaam met ‘n graad?  Dit was seker nodig van hulle, maar  hoe help daai graadjie vandag as jy met knoffel VIGS wil kuur en jy vir George Bush briewe stuur soos ‘n skoolkind waarin jy hom uitkak oor hy nie van Robert Mugabe hou nie?

In alle eerlikheid.  Daar is net een man in die hele ANC regering vir wie ek rerig tyd het…en dis Trevor Manuel.  Berekend, oopkop en stil as iets hom nie aangaan nie.  Welgedaan Trevor!

Verder is ons regering besaai met mense wat steel, lieg en bedrieg.

As mens na die blote feit kyk dat die Scorpions amper des moers is, as gevolg van ons einste staatsbeamptes wat te doners bang is dat die einste been van ons polisieëring hulle kan vastrek en hulle ten alle koste van hulle wil ontslae raak, moet mens bang raak.

Jacob Zuma wat vir Mbeki moet vervang na die volgende verkiesing is ‘n groter “embarressment” as Mbeki.  Al van verkragting aangekla en verhoorafwagtend op bedrog is die man ‘n “walking talking” voorbeeld van die stand van sake in ons land.  Waar die oningeligte massas so opgesweep kan raak dat ‘n blatante krimineel die hoof van ‘n land gemaak kan word.

Elkeen van ons nasionale munisipaliteite is vrot van korrupsie, wanbestuur en mense in posisies wat nie die eerste ding weet van bestuur op ‘n groter skaal as ‘n padkafee nie.  Ongeveer drie weke gelede is die Kaapstadse metropool beloon met ‘n ongekwalifiseerde ouditverslag van ‘n top ouditfirma.  En dit is ook die enigste een deur die DA bestuur.  Tydens ‘n parlementsitting is die ANC regering versoek om ‘n soortgelyke verslag te kry vir enigeen van hulle metropole en die versoek is met ‘n oorverdowende stilte begroet.  Dit spreek boekdele!

Ek het in hierdie week ‘n lekker debat / gesprek gehad met ‘n muslim man wat saam met my werk en hy het gebieg dat hy met die 1994 verkiesing vir die ANC gestem het.  Sy rede, volgens hom, was om “uiteiendelik die wit man die middelvinger te kan wys”.  Sy siening daarvan, 14 jaar later, is dat hy dit as ‘n emosionele uitlaatklep gesien het en dat hy tot vandag toe wens, met al die gebeure van die laaste paar jaar, dat hy en sy kultuurgroep nooit dit gedoen het nie.

 

Daar het as’t ware nie rerig enigiets verander vir die man op straat nie.  Groot beloftes van huishoudlike luukshede was gemaak, huise vir almal, ens.  Ja, daar word huise gebou, maar diegene van Kaapstad wat al vir 25 jaar op ‘n lys was vir ‘n eenvoudige huis met ‘n sinkdak en ‘n toilet is intussen daarvan verwyder sodat die nuut opgerigte wonings by die N2 Gateway projek aan die “struggle comrades” van die ou Transkei gegee kan word!  Is dit nou goeie regerings riglyne wat gevolg word?

Daar is steeds mense wat in tente langs die pad woon omdat hulle nou uit die huise gesit was wat hulle onwettig intrek van geneem het uit protes or die swak bestuur van die projek deur die ANC regering.  Sal daardie mense weer vir die ANC stem?  Heel waarskynlik, maar met ‘n swaar hart!

En oor die jare word nuwe “buzzwords” geskep en ontdek.  AA, BEE, en dies meer was die wereld vol gestrooi sodat die “wit” man moet leer dat sy plek ‘n paar kerfies verder met die ranglys gesak het.  Die eintlike doel van hierdie aksies was verduidelik.  Die arm swart man moet gelig word uit sy toestand van armoede en ellende!  Die enigste swart man wat tot dusver by BEE baat gevind het was diegene wat selfs tydens apartheid geld gehad het!  Dit was niks anders is ‘n pragtige term om “white minority owned business” gedeeltelik af te neem en dit in die hande van ryk ANC allumni te plaas nie!

Affirmative action…die oudste van die terme…

Gebruik om swart burgers posisies te bied wat voorheen nooit die kans gegun was nie.  Maar daar was gerieflik nagelaat om te se hoe lank dit sal duur!  Intussen is daar leerders op skool wat moeilik ‘n orentlike pos na skool sal kan kry as gevolg van AA / EE.  Dieselfde leerders wat gebore is ten tyde van die val van apartheid en wat uit boeke moes leer waaroor alles gegaan het.  Hoe is AA, so te se ‘n geslag na die val van apartheid, nie rassisme nie?

Die ander dag vang my oog ‘n plakaat teen ‘n muur by UCT waar ‘n debat geroep word om die grondwetlike wettigheid van ‘n “black management body” te bespreek.  Die vrae wat gevra sou word sou wees as volg:

1                     Aangesien die grondwet van die “body” se dat ENIGIEMAND by die groep kan aansluit, sou dit nie beter gewees het om dit ‘n naam te gee wat enigiemand sou verwelkom nie?

2                     Wat sou die impak daarvan wees as ‘n soortgelyke groep op die been gebring was met die “Black” geruil vir “White”?

 

Uitstekende kos vir nadenke sou ek se?  En met baie expo’s wat gehou word waar die bestaan van die swart yuppie gevier word, word die trots om ‘n jong swart man of vrou te wees ingeboesem sonder om te dink aan die gevolge van ‘n soortgelyke fees wat bloots die trots van die “wit man en vrou” bou nie.  As so iets moes gebeur sou die land regop sit en die groep blanke mense uitkreit word as rassiste.

Dubbele standaarde word orals gevind en sodra die emmer met ekskuusies leeg raak word die ou woord “apartheid” uit die hoed geruk as die kalant wie se skuld die gebeure dan nou eintlik is.  Apartheid is holrug gery. 

En terwyl ons buurland sy mense soos slakke behandel sal ons eie land as die enigste logiese / logistieke hawe vir baie Zimbawiers gesien word.  Xenophobie (nuwe buzzword) word nou die skuld gegee vir die aanvalle op die buitelanders.  Ek sukkel om te herkou aan daai enetjie, maar nie naastenby so erg soos wat ek herkou, sluk, opbring en peusel aan die verklaring van Winnie Mandela wat se “poor service delivery is the main cause for the xenophic attacks”.  WAT?  Hoe nou?  Se weer?  As Eskom my krag wegvat met loadshedding en ek steek my Duitse buurman in die nek met ‘n skroewedraaier kan ek wegkom daarmee as ek se dat dit xenophobie se skuld is?  Kom ons wees eerlik…hoeveel mense wat tans in hegtenis geneem is in verband met die aanvalle sal ‘n jaar van nou af enige tyd in die tjoekie doen?  Intussen sit diegene wat ‘n beter lewe kom soek het in “konsentrasiekampe” regoor die land.

Dit bring my tot my slotsom (ja, okei, uiteindelik ek weet…bla bla bla)

Thabo Mbeki, Jacob Zuma, Robert McBride, Selebi, Manto, Rasool, (vul ander name hier in…julle weet daar’s nog!)…julle is almal onbevoeg om ‘n land te lei, mense te lei, te bestuur (motors of entiteite…pick your choose)…of kriminele, liegbekke, korrupte bliksems…dalk selfs al die laasgenoemde.

Julle gee die buiteland die regte indruk van ons land, so hou op om die kaart te speel dat die media verantwoordelik is vir die verval van ons beeld in die buiteland.

Ek laaik George Bush bitter min.  Ek dink hy is ‘n aap en enige karikatuur van hom laat hom soos ene lyk.  Maar sy standpunt omtrent Zimbabwe is in die kol.  So ook die van ander lande regoor die wereld.  Vir Thabo om ‘n verklaring land uit te stuur dat daar geen krisis in Zim is nie en om ‘n “seergemaakte skoolseun” briefie aan Georgie te pos is absurd!  Die wereld is nie blind nie, nog minder die inwoners van jou eie land en die van Zim, jou idioot!  Jy het in die bestek van ‘n jaar dit reg gekry om met jou mentaliteit dit waarvoor jou “comrades” geveg het vir JAAAARE in sy moer te maak!  As jou “comrades” more sonder kos op die tafel sit omdat ons rand nie meer ‘n vat olie kan koop nie, omdat al die plase afgeneem is deur nabootsers en daar niks meer as “kruitjie-roer-my-nie” op die vrugbare lande van Morreesburg groei nie…beter jy hoop en bid dat die intelligente progressiewe swart man en vrou jou nie in die hande kry nie.

 

Napoleon weet al te goed hoe dit voel.  En die res van ons wag daardie dag af soos kinders wag vir Kersfees.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.